GAUTENG. – Twee verdagtes is Dinsdag 17 November in Douglasdale in hegtenis geneem nadat die polisie ’n deursoekingslasbrief uitgevoer en ’n hidroponiese daggalaboratorium en toerusting met ’n gesamentlike geraamde waarde van R2 miljoen op die perseel aangetref het.
Lt.kol. Isaac Mudau, polisiewoordvoerder, sê die dwelm- en opsporingspanne van die eenheid vir ondersoeke na georganiseerde misdaad het die lasbrief bekom nadat hulle inligting oor vermeende onwettige bedrywighede by die adres ontvang het. Die twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem en sal op aanklagte in verband met dwelmhandel en -smokkelary teregstaan.
Lt.genl. Tommy Mthombeni, Gauteng se polisiekommissaris, het die span vir die inhegtenisnemings geprys.



Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: