Dodetal by Stilfontein styg tot 51

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – Die dodetal by die Stilfontein-myn, waar onwettige myners deur ‘n reddingshyser na bogronds gebring word, het Dinsdagaand tot 51 gestyg. Altesaam 106 onwettige myners is lewendig na bogronds gebring en in hegtenis geneem.

Volgens brig. Athlenda Mathe het die reddingsoperasie tot 22:00 voortgeduur.

Sedert Maandag word ‘n 45 ton mobiele reddingshyser, wat ‘n diepte van 3 000 meter kan bereik, vir die redding van die myners aangewend. Die oorledenes se dood, bewerings oor kos wat gerantsoneer of weggehou is, mishandeling en aanranding, word ondersoek. Siek myners ontvang mediese behandeling en die gesondes word gearresteer. Die operasie sal ná Woensdag hervat word en sal na verwagting nog die volgende 10 tot 16 dae voortduur.

Die gearresteerde onwettige myners bestaan uit Mosambiekers, Lesotho-burgers, Zimbabwiërs en twee Suid-Afrikaners. Sedert Augustus 2024 tot 12 Januarie vanjaar, voor die reddingsoperasie, is 1 576 onwettige myners gearresteer. Die gearresteerdes sluit Mosambiekers, Zimbabwiërs, Basotho-burgers, Lesotho-burgers, Suid-Afrikaners, Malawiërs en ‘n Kongolees in. Altesaam 1 540 onwettige myners is steeds in polisie-aanhouding en 121 is gedeporteer. Nog 46 is aan onwettige mynery, betreding en oortreding van die immigrasiewet skuldig bevind.

Beslag is op meer as 640 kg gouddraende stof, 6.2 kg verfynde goud, springstof, vuurwapens en meer as R52 m. kontant gelê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief