Minstens 58 gevangenes is dood ná ‘n oproer by die Litoral Penitentiary, Ecuador se grootste tronk, uitgebreek het.
Die oproer het byna agt ure geduur. Die owerhede skryf die bakleiery aan internasionale dwelmkartels toe.
In video’s, wat op sosale media versprei word, lê lyke op die grond in die tronk. Sommige lyke is verbrand.
Van die gevangenes het probeer om ‘n muur op te blaas en hulle het ook matrasse aan die brand gesteek om ander gevangenes uit te rook.
Daar is ook 25 gevangenes beseer.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: