KWAZULU-NATAL. – Drie insittendes is Vrydagmiddag dood en 16 is beseer in ‘n ongeluk op die R103 by Roosboom, naby Ladysmith.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê drie ligte motorvoertuie was in die ongeluk betrokke, waarna drie insittendes dood verklaar is en 16 geringe tot ernstige beserings opgedoen het.
Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na verskeie fasiliteite vervoer is.