“Ek kan haar net liefhê” – Natasha Smith

KIMBERLEY. – Wiona Geldenhuys (18) wat vir ’n paar dae in Julie verdwyn het, is veilig terug in Kimberley en terug in haar ouerhuis. Natasha Smith, Wiona se ma, sê sy is baie bly haar kind is veilig by die huis, alhoewel dinge nog “krap”. “Ons het rusie gehad...

KIMBERLEY. – Wiona Geldenhuys (18) wat vir ’n paar dae in Julie verdwyn het, is veilig terug in Kimberley en terug in haar ouerhuis.

Natasha Smith, Wiona se ma, sê sy is baie bly haar kind is veilig by die huis, alhoewel dinge nog “krap”. “Ons het rusie gehad voor sy weg is. Sy wil volgende jaar sjefskool toe gaan, maar ek het nie daardie hoeveelheid geld nie.

“Sy het ook geen ander verduideliking gegee rondom hoekom sy weg is nie, behalwe oor die studies en haar pa. Ek vermy vrae oor hoekom sy na die man toe gegaan het. Ek probeer die konflik in die stadium vermy, maar ek ken nie die man by wie sy was nie. Ek voel ook net die man kon my laat weet het ‘tannie jou dogter is veilig’.”

Wiona het terug skool toe gegaan, maar gaan net wanneer sy eintlik wil. “Sy wil elke dag opgee, maar sy het so min dae oor.”

Na bewering het Wiona met ’n taxi Warrenton toe gery, maar Natasha sê dit is nog vir haar duister hoe sy werklik daar gekom het. “Volgens Wiona het sy R50 se 10 en 20 sente bymekaargemaak en by die Monument Spar se taxi’s gevra. Hulle het haar egter na die taxi rank naby Shoprite, in die middestad, verwys. Hulle het haar toe Warrenton toe geneem, maar ek weet nie hoe waar dit is nie, want sy is vir sekere dinge vrek bang.”

Dit voel of my kind heeltemal teenoor my verander het, maar ek probeer regtig my beste. Ek is al 12 jaar ’n enkel mamma en gee wat ek kan. Ek is bekommerd or haar, maar ek kan haar net liefhê.

Jou vergaderings sal glad verloop by die Horseshoe Inn

Navorsing bevind Nestlé sit suiker in babakos in armer lande

Met Chery se voertuie sal jy ‘n verskoning soek om rond te ry

Kenia se weermaghoof sterf in helikopterongeluk

Bela vir skole in SA sal waarskynlik aanvaar word ondanks sterk teenkanting

Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit

Rubberkoeëls geskiet nadat Nigeriërs polisie glo in Kimberley aanval

VSA beweer Israel het Iran aangeval

Daily lotto uitslae vir 18 April 2024

Verdagte druk per ongeluk paniekknoppie tydens huisroof

Nadal by Barcelona Ope uitgeskakel

Slang veroorsaak oponthoud in Japanse treinstelsel

Wêrelderfenisdag: Was jy al by SA se wêrelderfenisgebiede?

Vrou sterf na sy in aanhoudingselle brand

KYK: Misdaadtoneel, twee persone afsonderlik doodgeskiet