Raadsvergadering uit respek vir wyle raadslid uitgestel

Lees ook :

KIMBERLEY – Die Sol Plaatje- munisipale raadsvergadering wat vir vandag geskeduleer was, is uit respek vir wyle Patrick Meleng, ’n burgemeesterskomiteelid, tot Dinsdag uitgestel.

Luidens ’n persverklaring deur die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Kimberley was Meleng aangestel om die portefeulje vir ekonomiese ontwikkeling, stedelike vernuwing en toerisme te bestuur. 

Patrick Mabilo, die uitvoerende  burgemeester, het namens die raad en personeel van die munisipaliteit hulle innige meegevoel met die Meleng-familie betuig.

“Die spies het geval. Ons tel dit op. Ons laat sak ons vaandel ter ere van ‘n patriot, ‘n kader van die beweging,” het Mabilo gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief