KIMBERLEY – Die Sol Plaatje- munisipale raadsvergadering wat vir vandag geskeduleer was, is uit respek vir wyle Patrick Meleng, ’n burgemeesterskomiteelid, tot Dinsdag uitgestel.
Luidens ’n persverklaring deur die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Kimberley was Meleng aangestel om die portefeulje vir ekonomiese ontwikkeling, stedelike vernuwing en toerisme te bestuur.
Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester, het namens die raad en personeel van die munisipaliteit hulle innige meegevoel met die Meleng-familie betuig.
“Die spies het geval. Ons tel dit op. Ons laat sak ons vaandel ter ere van ‘n patriot, ‘n kader van die beweging,” het Mabilo gesê.