Brekende Nuus
Afrikaans

Ethiopië verklaar uitbraak van Marburgkoors – 3 dood

3 mense dood in Ethiopië weens Marburg-virus uitbraak

fotokrediet: Canva
3 mense dood in Ethiopië weens Marburg-virus uitbraak fotokrediet: Canva

ETHIOPIЁ. – Ethiopië het Vrydag ‘n uitbraak van Marburgkoors verklaar nadat drie mense daaraan oorlede is. Dit volg ná uitslae van laboratoriumtoetse positief teruggekom het.

Lees ook: Marburg-virus versprei in Afrika

Die Marburg-virus in Ethiopië is dieselfde een as wat in ander Oos-Afrika-lande aangemeld is. Nege gevalle van die koorssiekte is in Ethiopië aangemeld. 129 mense word tans vir simptome gemonitor.

Die virus versprei tussen mense deur direkte kontak met liggaamsvloeistowwe soos bloed, spoeg en mukus.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie en hulle vennote is besig om die regering te ondersteun om te keer dat die virus verder versprei.

Bronne: Medical Xpress, WHO, Telegraph

Lees ook: Marburg-virus versprei in Afrika