Fezile Ngubane nie meer ’n verdagte, uit aanhouding vrygelaat

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Fezile Ngubane, wat aanvanklik geïdentifiseer is as ’n verdagte in ’n sindikaat wat jong vroue teiken, is uit polisie-aanhouding vrygelaat omdat die polisie hom nie met enige misdaad kon verbind nie. Hy is aanvanklik aan die Olorato-moordsaak gekoppel.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê Ngubane is Vrydag deur sy pa aan die KwaMashu-polisiekantoor oorhandig nadat hy verneem het sy seun word in verband met die Olorato-moordsaak gesoek. Hy is van alle blaam onthef nadat hy deur verskeie polisie-eenhede, onder leiding van genl.maj. Mbuso Khumalo, ondervra is. ‘n Aander verdagte, wie se ouers ook in aanhouding is, is ook vrygelaat.

Volgens ’n voorlopige verslag het die ontslape Philangenkosi Makhanya vir Ngubane as ’n sagte teiken beskou en het sy slim-ID-kaart gebruik om SIM-kaarte te Rica, wat hy dan tydens ontvoerings en roofaanvalle op jong vroue gebruik het. Daar is ook beweer dat Makhanya van Ngubane se bankkaart gebruik gemaak het om aankope by verskeie klerewinkels te maak. Ngubane se ID-kaart is opgespoor tussen die 27 slim-ID-kaarte wat by die oorledene gevind is.

Volgens die polisie is daar minstens twintig sake waarin vroue na vore gekom het en die verdagtes as diegene uitgeken het wat hulle ontvoer en beroof het. Van die voorvalle is in Potchefstroom, Bloemfontein, Midrand, Ogies en Nelspruit in Mpumalanga, asook in Pretoria en Johannesburg aangemeld.

Die soektog na Bongani Mthimkulu, wat by die Olorato-moordsaak betrek word, duur voort en die polisie doen weer ’n beroep op hom om hom by sy naaste polisiekantoor aan te meld.

Lees ook meer hier onder:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief