Huldeblyke stroom in nadat dit bekend geword het dat Runaldo Leighton Hendricks Saterdag in ‘n motorongeluk oorlede is.
Hy het die rol van Zappa sedert 2016 in Getroud met Rugby vertolk.
“Dit is met leedwese dat ons verneem van oud-Wilgie, Runaldo Leighton Hendricks, se afsterwe.
“Runaldo het in 2012 by Hoërskool Die Wilgers matrikuleer. Hy was ‘n Wilgerbos-koshuisinwoner en ook ‘n kranige rugbyspeler vir die White Sharks.
“Ons innige simpatie gaan aan sy familie, vriende en oud-Wilgie-maats. Hy los ons met wonderlike herinneringe,” skryf Hoërskool De Wilgers op hul Facebook-blad.
Nadere besonderhede oor sy dood is nog onbekend.





