‘Getuie D’-moord – eks-Takie borg geweier

Lees ook :

Foto's: NVG en Matipandile Sotheni Instagram

GAUTENG. – Matipandile Sotheni (42), wat tereg staan op verkeie ernstige aanklagte, insluitend sameswering om moord te pleeg en moord met voorbedagte rade is deur die Brakpan-landdroshof borg geweier. Die saak hou verband met die moord op Marius van der Merwe, wat ook as “Getuie D” bekend staan.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, het bevestig dat die hof se beslissing om Sotheni se aansoek om borgtog van R30 000 te weier, verwelkom word. Van der Merwe het voor die Madlanga-kommissie getuig oor ’n moordondersoek in Brakpan in November 2025. Daar word beweer dat die beskuldigde daarna beplan het om hom te laat doodmaak en hom dopgehou het. Die hof het gehoor dat die beskuldigde glo op 5 Desember 2025 naby Van der Merwe se woning gewag het en op hom losgebrand het toe hy saam met sy vrou en twee minderjarige kinders by die huis aangekom het. Van der Merwe is op die toneel dood verklaar. Die beskuldigde is in Maart vanjaar in hegtenis geneem ná ’n ondersoek deur ’n spesiale polisietaakspan wat sake rakende die Madlanga-kommissie hanteer.

Tydens die borgtogaansoek het die beskuldigde aangevoer dat hy geen vorige veroordelings het nie en dat hy sy familie finansieel ondersteun. Die staat het egter die aansoek teengestaan en aangevoer dat hy ’n vlugrisiko is en moontlik met die ondersoek kan inmeng. Die landdros het met die staat saamgestem en beslis dat die beskuldigde nie kon bewys dat daar uitsonderlike omstandighede bestaan wat borgtog regverdig nie.

Die saak is tot 30 Julie 2026 vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief