KYK: Eks-takie geïdentifiseer as Getuie D se ‘skieter’ – Wiandré Pretorius ook geïmpliseer

Lees ook :

Foto's: NVG en Matipandile Sotheni Instagram

GAUTENG. – Matipandile Sotheni (41), ‘n voormalige spesialetaakmaglid, het vanoggend (Maandag) op die aanklag van Marius van der Merwe, oftewel Getuie D, se moord in die Brakpan-landdroshof verskyn. Van der Merwe is op 5 Desember 2025 doodgeskiet, nadat hy voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig en verskeie persone geïmpliseer het. Wiandré Pretorius was ná die moord as ‘n persoon van belang vir ondervraging ingeneem en was die polisie se hoofverdagte.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê aan MDN News nadat Van der Merwe gedurende November oor die moord op Emmanuel Mbhense getuig het, is hy sedert einde November deur ‘n Suzuki Switft agtervolg. Sotheni het glo vir Van Der Merwe vanuit die Suzuki Swift voor sy erf in die teenwoordigheid van sy familie geskiet.

Pretorius het intussen selfdood gepleeg en was vermoedelik aan die stuur van die voertuig wat aan Sotheni se meisie behoort het. Soos voorheen deur Nuusflits berig, is ‘n ondersoekspan saamgestel om die Madlanga Kommissie-sake te ondersoek, wat Saterdag tot die inhegtenisneming van Sotheni gelei het. Daar is ook op die voertuig wat na bewering in die misdaad gebruik is, beslag gelê. Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie. Daar word nog na die AK-47 gesoek wat glo in die moord gebruik is.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Sotheni staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, moord met voorbedagte rade, drie aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie. Mahanjana bevestig ook in sy verklaring ná getuie D se getuienis voor die Madlanga-kommissie is daar saamgeweer om hom dood te maak en was hy glo deur Sotheni agtervolg en dopgehou. Hy het daarna die oorledene op 5 Desember 2025 doodgeskiet, toe hy saam met sy vrou en twee minderjarige kinders by die huis aangekom het. Marius van der Merwe is op die toneel dood verklaar.

Mahanjana bevestig die saak is vir ‘n borgaansoek wat teengestaan word tot 25 Maart uitgestel.

Bronne: SAPD, NVG, MDN News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief