‘Internasionale swendelaars’ in hof

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Lede van ’n beweerde internasionale swendelsindikaat het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Finansiële Advies en Tussengangerdienste (Fais) in die Johannesburg Kommersiële Misdaadhof verskyn. Die verdagtes is Dinsdag in onderskeidelik Bryanston, Randburg en Centurion, tydens ‘n opoerasie van ’n multi-agentskap, gelei deur die Valke, in hegtenis geneem. Meer as 40 slagoffers wêreldwyd was die teikens.

Volgens NVG-streekwoordvoerder Phindi Mjonondwane het die verdagtes na bewering onwettig oproepsentrums bedryf wat finansiële dienste aangebied het, sonder registrasie by die finansiële sektor gedragsowerheid. Meer as 40 slagoffers uit die VSA, Australië, Nieu-Seeland en die VK is glo uit meer as R1 miljard bedrieg. ’n Deel van die geld is gebruik om die oproepsentrums aan die gang te hou.

Die saak is vir die borgtogverhoor tot 4 Februarie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief