Japannese robot land op maan

Lees ook :

Japannese robot land op maan. Foto: Kydoo News

JAPAN. – ’n Japannese robot het Saterdag ’n suksesvolle maanlanding uitgevoer. Die Smart Lander for Investigating Moon (Slim) het naby ’n ekwatoriale krater geland.

Japan is die vyfde land in die geskiedenis, naas die VSA, die Sowjetunie, China en Indië, wat op die maan kon land.

Daar is egter probleme met Slim se sonkragstelsel, wat die hele sending in die wiele kan ry. Volgens berigte wek die tuig se sonselle nie elektrisiteit op nie, wat veroorsaak dat die tuig op batterye aangewese is. Sodra die  batterye heeltemal ontlaai, sal die vaartuig nie met die aarde kan kommunikeer nie. Ingenieurs van Japan se ruimteagentskap (Jaxa) werk onverpoosd om die ineenstorting van Slim se elektrisiteitsopwekking te verhoed.

Statisties is dit glo baie moeilik om ’n effektiewe en “sagte” maanlanding iot te voer. Slegs die helfte van alle pogings was tot dusver suksesvol. Jaxa het van nuwe presisie navigasie-tegnologie gebruik gemaak. Die tuig se rekenaar aan boord het vinnige beeldverwerking en kraterkartering gedoen om die korrekte landingsplek te bereik.

Die landingsplek, naby die Shiolo-krater, het tans sonlig, maar donkerte sal einde Januarie daaroor beweeg. Dit hou die moontlikheid van skielike daling in temperatuur in wat kan veroorsaak dat van die tuig se komponente breek.

Dr. Emma Gatti van die digitale tydskrif SpaceWatch Global het gesê Japan het baie om te vier. “Dit is ’n bewys dat dit gedoen kan word deur ’n land wat nie so groot soos China of die VSA is nie.

Bronne: BBC, CNN, Sky News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief