’n Motoris in ’n rooi Jeep het ongeveer 1:00 Sondagoggend na bewering vanaf Longstraat in Cartersweg gedraai waarna die bestuurder beheer verloor en ’n lamppaal getref het.
ER24, Med24 en Emer-G-Med was op die toneel. Albert Hensberg, bestuurder van ER24, sê ER24 het die pasiënt na Gariep Medi-Clinic geneem.
