WES-KAAP. – Nathan Kimbrey (23) ‘n oud-leerling van Hoërskool Edgemead, het die naweek kort voordat hy die Two Oceans-marathon kon voltooi, gesterf.
Two Oceans het ‘n sterfte op sosiale media aangekondig. Kimbrey het 1 km voor die eindstreep gesterf.
In die kommentaar oor die sterfte word melding gemaak van hoe by sy liggaam gebid is, van KPR wat toegepas is en van ‘n mede-atleet wat gedink het hy kry net koud met die goue mediese kombers om hom. Ander het weer gesê hoe hard hy geoefen het om daar te wees, hy was gelyktydig op sy senuwees en opgewonde en het die volkslied saam met ander atlete gesing.
Medelye vir sy afsterwe word op sosiale media betuig.
Lees Hoërskool Edgemead se plasing hier onder:
We would like to express our sincerest condolences to the family and friends of past pupil, Nathan Kimbrey (Class of 2018), on his tragic passing. Nate carried a tangible light around him that will be missed dearly.
We are once again reminded that tomorrow is not guaranteed, cherish every moment you have with your loved ones.

Foto: Hoërskool Edgemead





