Jong man word vermis

Lees ook :

Thapelo Ricardo Khumalo (26) van Johannesburg is sedert 10 Augustus 2019 vermis. Megan Khumalo, sy vrou, het op Facebook dringend hulp van almal regoor Suid-Afrika gevra.

Ricardo is omstreeks 21:30 op 10 Augustus vanjaar laas by Wheels and Smoke, waar baie mense aan versnelrenne (drag racing) deelneem, gesien. “Hy het laas ’n blou oorpak aangehad met sy besigheid se naam, Ricardo Auto Parts and Accessories, daarop,” sê Megan.

Hy ry ’n silwer Volkswagen Polo met registrasienommer B746 BJG. “Hy het ’n tatoeëermerk van ’n kroon op sy linkerhand, ’n strepieskode (barcode) agter op sy nek met sy naam en ’n kruis met die woord blessed op sy linkerarm.”

Megan sê hy weeg omtrent 115 kg, het donkerbruin hare en donkerbruin oë. Sy glo hy is ontvoer.

Indien enigiemand weet waar Ricardo homself bevind of hom in Kimberley sien, kontak asseblief die SAPD, Pascoe Investigations PTY (Ltd) by 072 649 7683 of vir Megan by 062 044 6236.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief