Jong rugbyspeler sterk aan na nekbesering

Lees ook :

Foto: Pumas Facebook-blad

MPUMALANGA. – MJ van Staden, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Nelspruit in Mbombela, het Saterdag ‘n nekbesering tydens ‘n rugbywedstryd opgedoen. Hy sterk tans in die hospitaal aan.

Van Staden is gestabiliseer, waarna hy na Mediclinic Nelspruit geneem is en Sondag ‘n operasie ondergaan het.

Volgens Laevelder was hy voor die operasie gedeeltelik verlam.

Pumas het op hulle Facebook-blad vir Van Staden sterkte toegewens: “Van ons almal hier by die Airlink Pumas wil ons vir MJ van Staden n spoedige herstel toewens. Jy is in ons gedagtes en gebede, en ons glo dat jy volkome genees sal word.”

Judy Badenhorst de Villiers het die volgende op die Skolerugby SA Facebook-blad geplaas: “MJ is a Grade 11 learner at High School Nelspruit. He was injured on Saturday during the Nelspruit vs High School Monument’s 3rd team match. As Schools Rugby lovers, let’s all pray together for MJ’s complete recovery and healing.”

Bronne: Laevelder, Maryna van Staden Facebook-blad, Skolerugby SA, PUMAS,

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief