Jordaan en medebeskuldigdes se saak wéér uitgestel

Lees ook :

Foto: SAFA.net - South African Football Association Facebook-blad

GAUTENG. – Die bedrogsaak teen die voormalige Safa-president, Daniël Jordaan, en vier medebeskuldigdes is Vrydag deur die Johannesburgse Gespesialiseerde Kommersiële Misdaadhof in Palm Ridge na 27 Augustus uitgestel.

Volgens NPG-woordvoerder, Magaboke Mohlatlole, is die uitstel toegestaan sodat die verdediging kan reageer op die staat se argumente rakende beweerde onnodige vertragings in die saak. Die staat het egter gesê ten spyte van die uitstel was hy nog altyd gereed vir die verhoor.

Jordaan, Grown Hluyo, die voormalige Safa-finanshoof, Trevor Neethling, voormalige joernalis en direkteur van Grit Communications, Grit Communications en Russell Paul, voormalige waarnemende Safa- uitvoerende hoof, staan tereg op aanklagte van bedrog van meer as R1 miljoen, diefstal en sameswering om bedrog en diefstal te pleeg.

Die staat beweer Jordaan het in 2017 onwettig ‘n diensooreenkoms met Grit Communications onderteken en dit teruggedateer. Dit was glo sonder Safa-goedkeuring en om Jordaan se beeld te beskerm. Jordaan het ook glo onder die vaandel van Safa persoonlike veiligheidsdienste bekom. Hluyo het na bewering betalings gemagtig wetende dat die ooreenkomste onwettig was, terwyl Paul saamgesweer het met die ander beskuldigdes.

Die NVG het bevestig dat dit die saak sal voortsit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief