Karin van Aardt – 3 persone in hof vir moord en roof

Lees ook :

Foto: Karin van Aardt Facebook

WES-KAAP. – Ndiyabulela Vayi, Thando Nkolongo en Yamnkela Mdunyelwa het Woensdag op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn. Karin van Aardt (64) is kort nadat sy en haar man, Herman, vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe in ’n huurmotor vertrek het, by ‘n kruising gesteek en is later oorlede.

Luidens ‘n verklaring deur Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, het die drie beskuldigdes glo in die gras langs Jakes Gerwel-rylaan gelê. Toe die voertuig waarin die oorledene gery het by die rooi verkeersligte stilhou, het hulle daarheen gehardloop. Nkolongo het volgens die staat die passasiersvenster van die voertuig met ‘n vonkprop gebreek. Vayi het probeer om die handsak en GPS van die oorledene te vat. Die oorledene het haar besittings probeer behou, waartydens sy verskeie kere gesteek is.

Die saak is vir verdere ondersoek en ’n borgtogaansoek uitgestel. Sodra die volgende verhoordatum beskikbaar is, sal die hof dit bekend maak.

Volgens die woordvoerder van die hof sal die staat borgtog teen die beskuldigdes teenstaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief