Kennisgewing aan alle vuurwapeneienaars

Lees ook :

Die vuurwapen-, drank- en tweedehandse goedere-eenheid by die Kimberley SAPD versoek aansoekers van vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate om dit by die polisiestasie in Phakamile Mabija Road, Kimberley, af te haal. Alhoewel kennisgewings aan sommige van die aansoekers gegee is, dateer van die aansoeke terug na tussen 2012 en 2017.

Vuurwapeneienaars word daaraan herinner dat die besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n geldige lisensie ‘n oortreding is.

Hernuwing van lisensies

Aansoekers moet ook daarop let dat die hernuwing van ‘n vuurwapenlisensie 90 dae voor die vervaldatum van die lisensie gedoen word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief