GAUTENG. – Die wangvleis van Christi-Lee van Aswegen (6), ‘n leerling aan Laerskool Kenmare, Krugersdorp, is Sondag afgeruk deur ‘n perd wat haar gebyt het. Die voorval het op ‘n troeteldierplaas in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind.
Volgens ‘n skarebefondsingsblad wat deur Yolande van Aswegen ten bate van die meisie se mediese hulp oopgemaak is, is sy nie op ‘n mediese fonds nie en het sy ongveer R1 miljoen nodig om rekonstruktiewe plastiese chirurgie te ondergaan. Christi-Lee is na die Netcare Garden-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.
Lees hier op haar BackaBuddy profiel – daar is reeds meer as R70 000 ingesamel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





