KWAZULU-NATAL. – ‘n Konstruksiewerker het kort gelede in Dublynrylaan in Morningside, Durban, gesterf toe hy van ‘n struktuur geval het.
KZNVIP Medics is na die toneel ontbied waar ‘n privaat kontrakteur aan ‘n dak werk. Hy het op ‘n gedeelte van die dak getrap wat nie ondersteun was nie en het ongeveer 8 tot 10 meter na benede geval.
“Met aankoms van KZNVIP Medics and Life Response het die pasiënt ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”
Verskeie nooddienste was op die toneel teenwoordig.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê: “Die man, vermoedelik in sy 30’s, is deur paramedici geassesseer, maar hy het ernstige beserings opgedoen en niks kon vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”
Jamieson sê die polisie was op die toneel teenwoordig en gaan die insident ondersoek.





