Brekende Nuus
Afrikaans

Kop-aan-kop-botsing eis 5 lewens

Foto: Dean Slater
Foto: Dean Slater

MPUMALANGA. – Vyf mense is Donderdagmiddag in ’n kop-aan-kop-botsing op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast dood. Drie persone is ernstig beseer.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die oorledenes in die ongeluk tussen ’n sportnutsvoertuig en ’n ligte afleweringsvoertuig was passasiers van beide voertuie. Die ongeluk word ondersoek – roekelose en nalatige bestuur word nie in hierdie stadium uitgesluit nie.

Jackie Macie, LUR, doen weer ’n beroep op motoriste om verkeersreëls na te kom, spoed te verminder en en verdraagsaamheid aan die dag te lê, veral in ongunstige weerstoestande.

“Ons is diep ontsteld oor hierdie voorval, aangesien die ongeluk slegs ’n paar uur ná die afskop van ons Paasveiligheidsveldtog op dieselfde roete plaasgevind het. Ons het die N4-tolpad as een van die prioriteitsroetes geïdentifiseer op grond van die aantal ongelukke wat tydens vorige vakansieseisoene aangemeld is,” het Macie gesê.

Die LUR betuig medelye met die oorledenes se families en wens die beseerdes spoedige herstel toe.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]