Video in berig.
VSA. – Jason Vanporppal, die Amerikaner wat met ‘n skaatsplank deur Afrika gereis het om geld in te samel om vir Ugandese kinders ‘n skaatsbaan te kan bou, is na bewering deur ‘n vrou in SA uit die geld bedrieg.
Vanporppal het twee video-opnames gemaak, een waarin hy verduidelik die vrou het hom op Facebook gekontak met die voorneme om ‘n groot klomp geld deur borge in te samel. In die eerste video praat hy direk met haar en gee haar 24 uur om die geld te stuur, anders sou hy haar naam bekend maak. In die tweede video sê hy hy was intussen met haar in verbinding en dat sy belowe het om die geld teen vandag 17:00 oor te betaal.
Die skaatsplankryer sê egter onomwonde dat hy haar nie glo nie. Sy het met verskeie verskonings vorendag gekom en ook glo vir hom gesê dat sy nie nou die geld het nie omdat sy deur ‘n motorbestuurder ingeloop is. Daar is ook siektes soos bronchitis en keelkanker met chemobehandeling en ‘n gesteelde selfoon voorgegooi. Sy het hom egter probeer gerusstel dat die geld wel teen vanmiddag 17:00 SA-tyd beskikbaar sal wees.
Vanporppal sê hy wil net die geld by die liefdadigheid kry waarvoor dit bedoel is.





