KYK: Lebombo-grenspos tydelik gesluit

Lees ook :

Foto: Google Maps

MPUMALANGA. – Die Lebombo-grenspos is sedert Dinsdag tydelik gesluit nadat onrus uitgebreek het te midde van Mosambiek se verkiesing wat in Oktober plaasgevind het.

TracN4 Toll Route het Dinsdagaand omstreeks 20:15 gewaarsku oor protesaksie wat op verskeie plekke op die roete uitgebreek het. Daar word gewaarsku die grenspos-operasies staan stil en die roete moet liefs vermy word en motoriste moet waaksaam wees.

Dr. Michael Masiapato, die kommissaris van die Border Management Authority (BMA), sê in ‘n verklaring verslae is ontvang van voertuie wat aan Mosambiek se kant van Lebombo-grenspos aan die brand gesteek word.

“Weens hierdie veiligheidsvoorvalle en in belang van openbare veiligheid is die grenspos tydelik tot verdere kennisgewing gesluit. Hiedie besluit is geneem om die veilgheid van alle oorgrensvervoerders, reisigers, handelaars en amptenare wat by die grenspos werk, te verseker.”

Masiapato sê die BMA in samewerking met die Mosambiekse owerhede en SA-wetstoepassingsagentskappe monitor die situasie om die grenspos so vinnig as wat dit veilig is, weer te open.

“Ons raai alle belanghebbendes aan om reis deur Lebombo-grenspos tot verdere kennisgewing op te skort. Alternatiewe roetes na Mosambiek moet waar moontlik gebruik word totdat die situasie gestabiliseer het. Suid-Afrikaanse amptenare met sewe amptenare van Mosambiek verleen bystand vir veiligheid en beskerming. Die BMA en sy eweknieë werk dringend om die situasie aan te spreek en ons waardeer die samewerking wat ons op die oomblik ontvang.”

Die BMA en SAID sal opdaterings oor die situasie maak en rolspelers in kennis stel wanneer die grenspos veilig is om oop te maak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief