KYK: Menslike oorskot in suikerrietland ontdek

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Menslike oorskot is Maandag in ‘n suikerrietland op ‘n plaas buite Inanda ontdek.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosiale media-plasing ‘n boer het dié diens omstreeks 15:00 van die vonds in kennis gestel. Suikerrietsnyers wat daardie gedeelte van die land skoongemaak het, het dié gru-ontdekking gemaak. Reaksiebeamptes het ‘n skedel, femur en pelvis-bene daar aangetref. Die land is volgens die boer Sondagaand deur iemand aan die brand gesteek, wat tot ‘n voortydige oes gelei het. Die vorige oes was gedurende November 2024 en toe was daar geen teken van menslike oorskot nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief