Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die SA Reserwebank het die rentekoers vandag met 25 basispunte verlaag, wat die terugkoopkoers tot op 7.5% laat daal. Dit sal vanaf 31 Januarie 2025 in werking tree.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het in sy verklaring gesê die land se inflasievoorspelling verbeter. Die VSA kan egter ‘n invloed daarop hê. Die volgende vergadering van die Monetêre Beleidskomitee is op 20 Maart 2025.

Bron: SA Reserwebank





