Hittegolftoestande heers tans oor dele van Suid-Afrika waar die kwik behoorlik styg.
Nuusflits-lesers het Saterdag in sommige gebiede gesê hulle ervaar hitte in die hoë 30’s en selfs tot 40 grade en deel die temperature soos volg: Kathu 39 grade, Thabazimbi 38, Hoedspruit 39, Meyerton 36, Bloemfontein 38, Rustenburg 39, Kimberley 39, Mussina 40 en Phalaborwa en die Kalahari 42 grade. Die res van die temperature wat gedeel is, kan elders op ons Facebaak-platforms gesien word.
Vox Weather het voorspel hittegolftoestande sal tot Maandag voortduur.
“Van Sondag tot vroeg volgende week sal die oppervlaktrog, wat saamwerk met ‘n kouefront en ‘n hoogrukstelsel daar agter, verspreide reën en donderbuie na dele van die land bring, met heelwat koeler toestande in die suidweste teen Maandag.”
Die SA-weerdiens het die volgende verwagte temperature uitgereik: Pretoria 19/36, Johannesburg 17/35, Vereeniging 20/36, Mbombela 20/36, Polokwane 19/38, Mahikeng 20/37, Vryburg 19/38, Bloemfontein 16/36, Kimberley 20/38, Upington 19/36, Kaapstad 14/20, George 15/20, Gqeberha 6/22, Oos Londen 17/23, Durban 20/28, Richardsbaai 21/36 en Pietermaritzburg 17/35.





