KYK: Twee vas ná protesaksie in Germiston

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – ’n Protesaksie in Germiston het vandag (Dinsdag) President-, Queen- en Jackstraat beïnvloed. Die kantoor van binnelandse sake is saam met ‘n blok woonstelle deur betogers aan die brand gesteek, wat tot inhegtenisnemings gelei het.

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het in ‘n sosialemediaplasing gesê die EMPD, SAPD en Gauteng-verkeersbeamptes is op die toneel teenwoordig.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi het aan Nuusflits bevestig twee persone is vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Die departement van binnelandse sake sê in ‘n sosialemediaplasing bewyse word versamel en strafregtelike klagtes sal teen betogers aanhangig gemaak word. Tydens ’n protesaksie is ‘n woonstelblok aan die brand gesteek, waarna die brand na die aangrensende kantoor van binnelandse sake versprei het. Die departement sê dit is ‘n aanval op sosiale infrastruktuur en kan nie geduld word nie.

Volgens The Voice of Tembisa FM is uitsettings in Pharoe Park gedoen, waar sowat 450 woonstelle na bewering onwettig bewoon word. Die Stad Ekurhuleni het op 26 Junie uitsettingskennisgewings uitgereik en het Dinsdag ’n hofbevel uitgevoer om die onwettige inwoners te verwyder. Munisipale werkers en inwoners het slaags geraak, waarna die woonstelblok aan die brand gesteek is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief