KYK VIDEO’s: Gasontploffings ruk Magoebaskloof vroegoggend

Lees ook :

Foto's: Limpopo Department of Transport and Community Safety

LIMPOPO. – Veelvuldige gasontploffings het Woensdagoggend omstreeks 01:00 in Magoebaskloof op die R71 bo die Magoebaskloof-ruskamp plaasgevind. Die vragmotor het ‘n onbekende aantal gasbottels vervoer toe dit ontplof het.

Letaba Fire Protection Association (LFPA) sê op sosiale media die brand wat deur die gasontploffings veroorsaak is, het teen die berg in die rigting van Warriors begin afbeweeg en dit was toe te gevaarlik om toegang tot die gebied te verkry. Teen 07:30 was Letaba FPA-spanlede en die Tzaneen-noodondersteuningspan besig om die brande op die Warriors-eiendom te bestry.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo het motoriste gewaarsku om die pad weens ’n ernstige voorval te vermy. Volgens die departement het ’n vragmotor wat gasbottels vervoer ‘n ongeluk gemaak en aan die brand geslaan, wat tot veelvuldige ontploffings gelei en ’n nabygeleë plantasie aan die brand gesteek het. Nooddienste is op die toneel besig om die situasie te hanteer.

Motoriste word aangeraai om George’s Valley-pad (R528) of ander alternatiewe roetes te gebruik soos deur verkeersowerhede aangedui.

Die departement doen ’n beroep op alle padgebruikers om versigtig en veilig te wees. Bywerkings oor die situasie sal verskaf word soos meer inligting beskikbaar raak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief