KYK: Vliegtuig van Azerbeidjan val

Lees ook :

Foto: Flightradar24.com

Video’s in berig.

INTERNASIONAAL. – Minstens 38 passasiers aan boord van ‘n Azerbeidjanse vliegtuig het Woensdag gesterf toe dit Woensdag in Kazakstan neergestort het. Van 67 siele aan boord het 29 passasiers, soos in beeldmateriaal gesien kan word, oorleef.

Kyk hier onder na die oomblik toe die vliegtuig val.

Kyk hier onder hoe passasiers die vlugramp oorleef.

Vlug J28243 het om 03:55 in Baku, Azerbeidjan, opgestyg en was onderweg na Grozny in Rusland, toe die ondenkbare om 06:28 gebeur en dit naby die Aktau-lughawe in Kazakstan geval het. Die vlug was ongeveer 433 km van sy oorspronklike bestemming.

Die vliegtuig het herlei en het probeer om ‘n noodlanding drie kilometer van Aktau uit te voer.

Ilham Liyev, president van Azerbeidjan, het tydens ‘n nuuskonferensie gesê dit is te vroeg om oor die ongeluk se oorsaak te spekuleer. Hy sê egter slegte weer het die vliegtuig van roete laat verander.

Rosaviatsia, die Russiese burgerlugwaartowerheid, sê voorlopige inligting dui op ‘n voëlaanval wat ‘n noodgeval veroorsaak het, waarna die vliegroete herlei is.

Daar was 42 Azerbeidjanners, 16 Russe, ses Kazakke en drie Kirgisiërs aan boord.

Die getal passasiers wat oorleef en dié wat gesterf het, is blykbaar nie finaal nie. Beeldmateriaal van die ongelukstoneel wys die vliegtuig het in wrakstukke opgebreek, terwyl ‘n deel in vlamme uitgebars het.

Die lugredery het ‘n lys van 67 name wat aan boord van die vliegtuig was, wat 62 passasiers en vyf bemanningslede insluit, bekendgestel. Sekere vlugte van die lugredery is gestaak. Lees die volgende insetsels.

“Until the investigation process is over, flights of Azerbaijan Airlines on Baku-Grozni-Baku and Baku-Mahachgala-Baku routes are suspended. Flights in other destinations are carried out according to the schedule in the state mode.

Until the investigation is concluded, Azerbaijan Airlines has suspended flights en route Baku-Grozny-Baku and Baku-Makhachkala-Baku. All other flights will be operated as scheduled.

Flights of Azerbaijan Airlines on the routes Baku-Grozny-Baku and Baku-Makhachkala-Baku have been suspended until the investigation is completed. Flights to other AZAL destinations are carried out according to the regular schedule.”

Bronne: AZAL – Azerbaijan Airlines, 1News, BBC, Sky News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief