Lasbriewe uitgereik vir verdagtes in Freitag-moord

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Hercules-polisiestasie het lasbriewe vir die inhegtenisname van Rudie Lubbe en Chantelle Oosthuizen bekom. Hulle word gesoek in verband met die voormalige hoogspringkampioen, Jacques Freitag (42), se dood.

Lubbe en Oosthuizen word deur klagtes van moord en sameswering tot moord in die gesig gestaar. Hulle vlug vermoedelik van die gereg.

Freitag was vermis en sy liggaam is op 1 Julie naby Zandfontein-begraafplaas in Andeon, in die Hercules-polisiƫringsarea, ontdek.

Enigiemand met inligting oor waar Lubbe en Oosthuizen hulle bevind, word versoek om speur.kapt. Martin Smith by 082 778 9385 te bel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Jacques Freitag (42), die voormalige hoogspringkampioen wat vermis was, se liggaam is naby Zandfontein-begraafplaas in Andeon in die Hercules-polisiƫringsarea gevind.

Brig. Brenda Muridili het aan Nuusflits bevestig die vermistepersoonsaak is na moord verander. Freitag se liggaam is Maandagmiddag deur die polisie se soek-en-reddingspan gevind. Die span het plaaslike polisielede, die lugvleuel en watervleuel ingesluit.

Muridili sĆŖ die liggaam moet nog formeel deur die familie uitgeken word.

Niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg alle leidrade op.

Freitag was sedert 12 Junie vermis.

Chrissie Lewis, Freitag se suster, het op sosiale media bekendgemaak dat hy vermis is: “With sadness to say. We have to report that my brother JACQUES FREITAG is MISSING. LAST SEEN ALIVE 12 JUNE. He has been dropped off in a bush in BOOYSENS Pretoria West. PLEASE. If there is any info please contact me at 0796140996.”

ICE Community Network sĆŖ Freitag is by sy ma se huis in Bronkhorstspruit opgelaai en by ‘n gastehuis in Booysens, Pretoria, afgelaai. Freitag, wat in Bronkhorstspruit grootgeword het, is een van net 10 atlete wat die wĆŖreldtitel op o.19, o.20 en as senior kon wen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief