KWAZULU-NATAL. – ‘n Leerling (16) is Dinsdagoggend tydens ‘n woordewisseling tussen twee leerlinge by ‘n skool in Phoenix beseer.
Volgens KZN VIP Protection Services is dié diens uitgestuur na ‘n toneel van ‘n steekinsident waar die 16-jarige met ‘n steekwond in sy buik aangetref is.
“Redes wat tot die woordewisseling gelei het, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie.”
Die leerling is op die toneel deur paramedici behandel en gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is.
“Alle nooddienste was teenwoordig.”
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: