Lesotho-burgers in hof ná Cleveland-massaskietery

Lees ook :

Foto: Google Maps

GAUTENG. – Drie mans van Lesotho het in die Johannesburg-landdroshof verskyn in verband met ’n massaskietery in Cleveland waarin 13 mense dood en 14 ander beseer is. Molebeli Mosia (34), Ramonne Tsibela (32) en Zipho Metsing (26), staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die voorval het op 9 Junie by die Jumpers- informele nedersetting plaasgevind, waar gewapende mans glo lukraak op inwoners losgebrand het. Volgens die NVG is die drie ná ‘n uitgebreide polisie-ondersoek in hegtenis geneem. Oorlewendes is in die hospitaal besoek waar verklarings geneem is. Ná hul ontslag het hulle die verdagtes by die MaiMai-informele nedersetting uitgewys, wat tot die inhegtenisneming gelei het.

Die saak is vir adresverifikasie en om die borgtogaansoek te reël tot 2 Julie uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding terwyl die saak voortgaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief