Lees ook: Vandag se weerwaarskuwings vir SA
ANDES. – Die liggaamlike oorskot van ‘n bergklimmer wat 22 jaar gelede in die Andes verdwyn het, is gevind.
William Stampfl van die VSA en sy vriende het een van die hoogste berge in die Andes in Junie 2002 aangedurf. Die drie was besig om die Huascaran-berg uit te klim toe hulle in ‘n sneeustorting dood is.
Stampfl se vriend, Steve Erksine, se liggaam is kort na die sneeustorting gevind, maar hulle ander vriend, Matthew Richardson, se liggaam is steeds nie gevind nie.
Stampfl se liggaam is verlede week naby ‘n kamp gekry oor die ys wat as gevolg van klimaatsverandering smelt. Hy is aan sy paspoort, wat steeds op sy liggaam was, uitgeken.
Bronne: Daily Mail, Mirror, CBS News
Lees ook: Vandag se weerwaarskuwings vir SA





