Lusikisiki-verdagtes in hof – verhoor begin

Lees ook :

Lusikisiki-verdagtes in hof, verhoor begin

LUSIKISIKI. – Die verhoor van die ses verdagtes in die Lusikisiki-massaskietery het gister in die Lusikisiki-streekhof begin.

Lees ook: Lusikisiki-verdagtes verskyn in hooggeregshof

Die verdagtes – Mzukisi Ndamase, Aphiwe Ndende, Siphosoxolo Myekethe, Bonga Hintsa, Songezo Vuma en Mawethu Nomdlembu – sal vandag weer in die hof voorkom met die staat wat die eerste getuie sal roep.

Die verdagtes is verlede jaar in hegtenis geneem nadat 18 mense in twee wonings in Lusikisiki doodgeskiet is.

Hulle word aangekla van ondermeer moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede. Vier van die beskuldigdes word ook aangekla van die moord op die ANC-politikus Mncedisi Gijana wat in Augustus 2024 in KwaBhaca doodgeskiet is.  

Al ses verdagtes het onskuldig gepleit. Die verhoor sal na verwagting vir agt weke, tot op 19 September, voortduur.

Bronne: eNCA, EWN, The Citizen

Lees ook: Lusikisiki-verdagtes verskyn in hooggeregshof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief