OHIO, VSA. – Tamara Banks (41) is Vrydag tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis na haar dogtertjie (4) in 2022 dood is as gevolg van wanvoeding en diabetes-verwante simptome. Die kind se tande was verrot en haar dieet het grotendeels uit ‘n sekere soort gaskoeldrank bestaan.
Karmity Hoeb is in Januarie 2022 na ’n hospitaal gehaas nadat haar liggaam nie genoeg insulien vervaardig het nie en daar ’n oormaat ketone in haar bloedstroom beland het.
Volgens die aanklaers het Karmity aan diabetes gely wat vir ’n lang tydperk ongediagnoseerd was en nie behandel is nie. Haar dieet het hoofsaaklik uit die gaskoeldrank en poeiermelk bestaan wat in ’n bottel vir haar gegee is.
Volgens verslae het die meeste van haar tande uitgeval as gevolg van verrotting en het sy nog nooit ’n tandarts besoek nie.
Christopher Hoeb, die dogtertjie se pa, is ook vir haar dood aangekla en skuldig bevind. Hy word op 11 Junie gevonnis. Die paartjie het nog kinders onder wie ’n seun wat al met dieselfde toestand gehospitaliseer is, maar betyds gered kon word.
Volgens Banks het sy die beste na haar vermoë na haar kinders gekyk.
Bronne: People, New York Post, Mirror