OOS-KAAP. – ‘n Ma (21) van ‘n 3-jarige seun is Dinsdag in Mthatha in hegtenis geneem op aanklag van beweerde seksuele aanranding van die kleuter.
Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval sou tussen 5 en 7 Augustus by hul woning plaasgevind het. Sy is deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in hegtenis geneem. Die kind is medies ondersoek en na ’n plek van veiligheid geneem. Daar word aangetoon dat die verdagte vermoedelik aan ’n geestesongesteldheid ly, wat deel van die ondersoek en hofprosesse sal vorm.
Die verdagte verskyn vandag (Donderdag) op aanklag van seksuele aanranding in die Mthatha-landdroshof.
“Die SAPD is verbind tot die beskerming van die mees kwesbares in ons samelewing en verseker dat sulke ernstige aantygings, ooreenkomstig die wet, deeglik ondersoek sal word,” het brig. Nobuntu Gantana gesê.





