Ma van tweejarige verskyn in hof op aanklag van moord

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ’n Vrou (25) het Vrydag in verband met die moord op haar tweejarige dogtertjie in die Seshego-landdroshof verskyn.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie is Donderdag omstreeks 09:20 na die huis van die slagoffer in Jupiterdorp, Ga-Mashashane, ontbied. Met aankoms by die huis het familielede die polisie na die kind gelei wat “bewusteloos” op ‘n bed gelê het. Nooddienste is ontbied en die kind is dood verklaar.

’n Voorlopige ondersoek het tot die kind se ma se inhegtenisneming gelei. Sy het Vrydag op aanklag van moord in die hof verskyn. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 1 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief