Mahne-plaasmoord – tweede verdagte in hegtenis

Lees ook :

Foto's: BMO en op lêer

LIMPOPO. – ‘n Tweede verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op Attie Mahne (77). Hendrik Chimole (28) die eerste verdagte in die saak, het reeds Woensdag in die Senwabarwana-landdroshof verskyn. Die tweede verdagte is Chimole se broer, wat ‘n werknemer van die Mahnes was. Saterdagaand se aanval op die plaas Cosmopolite, in Baltimore, het Mahne se lewe gekos. Pietro, sy vrou, is met beserings in die Ellisras-hospitaal opgeneem.

Gawie Louwrens van Bosveld Misdaad Ondersoeke sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens se ondersoekers het die plaasmoord verder ondersoek en saam met Tolwe-speurders, Mokopane-speurders, Mokopane-misdaadintelligensie en Bowveld Farm-veiligheidsdienste inligting nagegaan. Die tweede verdagte is vanoggend (Donderdag) kort voor 03:00 in die Matladi-woonbuurt, Shongoane 2, in hegtenis geneem. Hy is by die Tolwe-polisiekantoor aangehou.

Intussen sê kol. Malesela Ledwaba verskeie items, wat ‘n vuurwapen insluit, is in die aanval gesteel. Tydens Chimole se inhegtenisneming is daar op Mahne se gesteelde .38 Special-rewolwer en ses rondtes lewendige ammunisie beslag gelê. Chimole bly ná sy eerste hofverskyning in aanhouding. Die saak is tot vandag (Donderdag) vir regsverteenwoordiging uitgestel. Hy sal vandag in die Tolwe- periodieke landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief