SUID-AFRIKA. – Soms klink dit soos ’n ingewikkelde taak om ’n gammon gaar te maak, maar dit is makliker as wat jy dink.
Hier is ’n maklike stap-vir-stap resep om ’n gammon, waarmee selfs jou skoonma tevrede sal wees, gaar te maak.
Bestanddele:
- 1 ui
- 3 wortels
- 3 lourierblare
- 6 peperkorrels
- 1liter Ginger Ale (vul dit aan met water as dit lyk of dit wegkook)
- 125 ml bruinsuiker
- 125 ml appelkooskonfyt
- 5 ml mosterdpoeier
- naeltjies
Metode:
- Sny die ui en wortel in stukke, plaas in ‘n kastrol.
- Gooi die peperkorrels, lourierblare en Ginger Ale by die wortels en ui.
- Plaas jou gammon in die kastrol en kook die vleis 30 minute vir elke 500 g.
- Laat die vleis afkoel in die vloeistof.
- Sny nou die dik vel versigtig los van die vet met ‘n skerp messie.
- Sny die vet in ‘n diamantpatroon.
- Steek ‘n naeltjie in elke “diamant”.
- Meng die bruinsuiker, appelkooskonfyt en mosterd saam.
- Smeer die bruinsuiker-mengsel ruim oor die vleis.
- Plaas die gammon terug in die oond op 180°C vir om en by 30 minute of totdat die vleis mooi bruin is van die bedruipsel – jy kan dit selfs ‘n rukkie onder die roosterelement van jou oond sit. Hou dop dat dit nie brand nie.
Bron: Marinda Kook
Marinda het tans twee resepteboeke, Marinda se Koskas en Marinda se Kinderkombuis met Sjef Sout en Prof. Pretzel, wat beskikbaar