Malema-saak tot April uitgestel vir vonnisbetoë

Lees ook :

Foto's: Economic Freedom Fighters

OOS-KAAP. – Julius Malema, die EFF-leier en LP, het Vrydag vir voorvonnisverhoor in die Oos-Londen-landdroshof verskyn. Die saak is vir betoog oor verswarende en versagtende omstandighede tydens vonnisoplegging tot 15 en 16 April uitgestel.

Luidens ‘n verklaring deur NVG-woordvoerder, Luxulo Tyali, volg die uitstel ná die voorlegging van ’n voorvonnisverslag deur ’n maatskaplike werker wat deur die verdediging aangestel is en deur die staat gekruisondervra is. Malema is in Oktober 2025 skuldig bevind aan onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied, versuim om redelike voorsorg vir persone of eiendom te tref, asook roekelose blootstelling van persone of eiendom aan gevaar.

Tyali het voorts gesê die staat sal, ten spyte van die aanbeveling vir ’n boete of opgeskorte vonnis, gevangenisstraf aanvra wanneer daar oor die vonnis geargumenteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief