Man in hegtenis ná baba doodgery en ma beseer is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ’n Man (35) is deur die Mankweng-polisie in hegtenis geneem nadat hy na bewering Vrydagaand sy voormalige vriendin en haar 13 maande oue babadogter met ’n bakkie omgery het. Die baba is later aan haar beserings oorlede, terwyl die ma beseer is.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verkaring volgens inligting het die ma en haar kind omstreeks 20:00 langs die pad vir ‘n taxi gewag. Haar voormalige kêrel het daar aangekom en ’n hewige argument het ontstaan. Toe ’n taxi opdaag, het sy en haar baba in die voertuig geklim. Die taxibestuurder het haar glo onderweg meegedeel dat ’n bakkie die taxi volg. Hulle het by Marothi-kruising afgeklim, waarna die verdagte, wat die bakkie bestuur het, glo teen ’n hoë snelheid oor haar en die kind gery het sonder om te stop.

Beide slagoffers is met ernstige beserings na die Mankweng-hospitaal geneem. Die baba is later oorlede, terwyl die ma beserings aan haar been opgedoen het.

’n Saak van moord en poging tot moord is geopen. Die verdagte sal vandag in die Mankweng-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief