Man sterf tydens vryduik in Kowierivier

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ’n Man (22) van Oos-Londen is Woensdag naby Port Alfred dood toe hy tydens ‘n vryduik in die Kowierivier, sowat drie kilometer stroomop van die mond, nie weer na die oppervlak gekom het nie.

Craig Lambinon, RSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring verskeie nooddienste is na die toneel ontbied waar met aankoms gevind is twee van drie mans op ‘n boot het gevryduik. Een van die mans is nie weer gesien nie en sy vriend het intussen self in die water na hom begin soek.

Die Port Alfred-stasie se diensbemanning is omstreeks 08:45 saam met die polisie en Gardmed-ambulansdiens na die toneel ontbied. NSRI-reddingsduikers het die vermiste man opgespoor en aan boord van ’n reddingstuig gebring waar KPR (kardio-pulmonêre resussitasie) begin is. Die pogings is voortgesit tot by die Port Alfred NSRI-stasie en is later deur Gardmed-paramedici oorgeneem. ’n Pols is kortliks herstel, maar die man het weer ’n hartstilstand gehad terwyl hy per ambulans hospitaal toe vervoer is. In die hospitaal het dokters en verpleegkundiges die resussitasiepogings voortgesit, maar hy is uiteindelik dood verklaar.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen. Dit is steeds onbekend waarom die man nie weer na die oppervlak gekom het nie. Lambinon het meegevoel aan familie en vriende van die oorledene oorgedra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief