Louis Meades, wat al byna drie weke lank in aanhouding is op aanklag van poging tot moord, ontvoering en die oortreding van ’n gesinsgeweldbevel, het borg gekry.
Landdros Dolly Makoto het Meades Maandagoggend in die Kimberleyse landdroshof vrygelaat op R3000 borgtog met die volgende voorwaardes:
– hy moet op 14 Maart weer in die hof verskyn;
– hy mag geen kommunikasie hê met die slagoffer of die getuies nie en mag geen uitlatings op enige sosiale media maak nie;
– en hy mag ook nie die slagoffer by haar werk gaan teister nie.