Meisie kritiek nadat sy op swaai val

Lees ook :

’n Tienjarige meisie, Zoe Rose Uithaler, is tans in die hoësorgeenheid van Gariep Mediclinic, nadat sy na bewering met haar kop op ‘n swaai geval het, nadat dié omgeval het.

Lauren Nylambi en haar familie woon op die perseel van korrektiewe dienste in Schmidtsdrift, Kimberley. Die kinders het in die parkie langs Nylambi se huis gespeel toe die voorval gebeur het. “Hulle was besig om op die swaai te speel toe Zoe afval,” vertel Nylambi.

Nylambi voer aan dat die swaai nie stewig vasgemaak was in die grond nie. Zoe se nefie was besig om haar heen en weer te stoot toe die swaai omval en Zoe agterna bo-op die swaai val met haar voorkop wat die ysterpale eerste tref.

Nylambi vertel dat Zoe blou in die gesig geraak het en dat haar gesig byna dadelik begin swel het.

Zoe is in ’n kritieke toestand deur ER 24 na Gariep Mediclinic geneem waar sy in die hoësorgeenheid opgeneem is.

“Sy is onder sedasie en ons wag dat die swelling moet sak.”

Nylambi voel die insident is die persone wat die parkie by die korrektiewe dienste in stand moet hou se skuld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief