Meer as R17 m. se vervalste goedere gekonfiskeer

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie se Nasionale Vervalsingseenheid het die afgelope week meer as R17 m. se vervalste goedere in Johannesburg gekonfiskeer.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê het die eenheid Donderdag ‘n deursoeking-en-beslagleggingslasbrief in ‘n stoor in Breestraat in die middestad van Johannesburg uitgevoer. Die polisie het op onder meer klere, sportsklere, skoene, horlosies, farmaseutiese produkte, skryfbehoeftes, sowel as nael- en haarprodukte met bekende handelsmerkname ter waarde van meer as R2 m. beslag gelê.

Van Wyk sê ‘n week gelede is daar tydens ‘n soortgelyke operasie in Fordsburg, in die middestad van Johannesburg, op onwettige goedere van meer as R15 m. beslag gelê.

Die span wat die beslagleggings gemaak het, bestaan onder andere uit polisielede, die inkomstediens en handelsnaambeskermers.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief