‘Meesterbrein’ met aankoms op lughawe vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die beweerde meesterbrein en sleutelverdagte in die onderskep van R300 m. se dwelms in Julie is Sondagoggend met aankoms vanaf Zambië op OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê die verdagte is reeds ‘n geruime tyd in die polisie se visier. Hy is glo boonop ook die ringleier agter die ontvoering vir ‘n losprys wat sakemanne in die land teiken.

Die verdagte is volgens bewering gekoppel aan die ontvoering van ‘n sakeman (63) van Helderkruin in Roodepoort in Julie. Die sakeman is dieselfde dag deur die polisie ontset en R300 m. se dwelmmiddels is by twee eiendomme in Fourways en ‘n hotel in Bruma gevind.

Dié verdagte sal na verwagting saam met nog ander agt verdagtes, wat vir die ontvoering van die sakeman, asook die dwelmvonds beskuldig word, aangekla word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief