Meisie (12) in motorfietsongeluk, frakture aan arms en bene

Lees ook :

Foto's: BackaBuddy

GAUTENG. – Pearl Mellet (12) het Vrydag ‘n motorfietsongeluk oorleef en ernstige frakture aan haar bene en arms opgedoen.

Rea Thusa/We Help sê die meisie, wat tans in die Sebokeng-hospitaal is, het gebed nodig. Operasies op haar bene is suksesvol uitgevoer. Daar sou Dinsdagoggend op haar arms geopereer word, maar die operasie is nie uitgevoer nie. Haar familie het gebed vir haar versoek. Ten einde die operasie te doen, moet haar bloedvlak op 10 wees en haar suurstofvlak op 90 %, maar haar bloedvlak is op ses en haar suurstofvlak op 80%.

Skarebefondsing is begin om met die meisie se mediese sorg te help.

Jessica Mommen-Mellet, Pearl se stiefma, het die BackaBuddy-profiel oopgemaak. Volgens inligting tot beskikking moet plate en skroewe in haar bene en ‘n plaat in haar linkerarm aangebring word. Haar hand moet ook glo met draad herstel word.

Mommen-Mellet sê Pearl huil van pyn en hulle wil haar graag na Midvaal-privaat hospitaal verskuif.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief