Meisie (5) glo deur bestuurder verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Meisie (5) is glo Maandag in die Maake-polisiëringsarea verkrag deur die bestuurder wat haar skool toe vervoer. Die bestuurder (39) is Dinsdag by sy huis in hegtenis geneem.

Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagte het Donderdag op die aanklag van verkragting in die Naphuno-landdroshof verskyn. Die saak is vir formele borgaansoek tot 18 April uitgestel.

Die bestuurder het na bewering eers die ander kinders afgelaai en die slagoffer teen die kant van die pad in die voertuig verkrag. Die meisie is gedreig om niemand van die voorval te vertel nie, maar met aankoms by die huis het sy haar ma vertel wat gebeur het. ‘n Verkragtingsaak is oopgemaak en word deur GKS ondersoek.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het skok oor die insident uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief